Na die uitsig het ons die berge in vertrek opsoek na Nuns valley. Ons is nog steeds nie seker of ons die regte plek gekry het nie,

Hierna het ons na die Noordekant van die eiland gereis na 'n dorpie met die naam van Porto Moniz.
Die gaan was heel rustig want die klomp vrouens het almal uitge'pass' en arme Knut moes alleen die berge oor. 'n Groot gedeelte van die strand by die dorpie bestaan uit vulkaniese rotse wat half in die see is. Dit het die mooiste denkbare poele gevorm waar mens self in kan swem as jy dapper genoeg is om die Alantiese oseaan aan te pak. Ons het 'n middagete hier geniet en ook lekker gekoop in 'n tipiese toeriste winkel. Weet nie of ek verkeerd is nie maar al die toeriste winkels oor die wereld begin deesdae vir my dieselfde lyk.
Ook by die gangetjie ontdek ons toe 'n stunning strand met ronde klippe .. die mooiste geluid denkbaar word gemaak as die golwe deur die klippe druis ..
Die grootste skat van die dag was toe Anja met die terugkom van ons dag se reis 'n sushi bar opgemerk het .. die dag het dus met vreugde geeindig ...
Aggenee dit maak my siek SIEK van jaloesie!!! Wat het ek om te rapporteer.... hmm.... die koffie was warm vanoggend.... die vuvuzelas het geskree gister... ek het gewerk en gewerk... en gesug en gewerk...
ReplyDeleteHoop julle kry my darem effens jammer :-)
Geniet elke oomblik en stuur groete vir die maatjies en gooi maar 'n klippie in daai mooi see vir my.