Friday, June 25, 2010

Saterdag : 12 Junie 2010

Saterdagoggend 12 Junie 2010 het ek en Paula ons self rustig gedra, 'n paar laaste sessies bygewoon en nood mails gedoen en nood papers van studente ge'review' en sommer net ontspan na al die stress van die aanbiedings van die week.

Paula het begin dink oor haar Systems Thinking praatjie wat sy Maandag 14 Junie 2010 moet gee.

Aurona het die pad gaan vat en gaan kyk of die onderwatervisse in Madeira dieselfde lyk as die onderwatervisse op ander plekker in die wereld. Sy is nou besig om 'n wereldduiker te word wat al in Suid-Afrika, Mosambiek, Mauritius, Kanariese Eilande (Tenerife) en Madeira geduik het.

Laatmiddag na 'n heerlike middagete sit ons drie dames toe af vir 'n 3 ure bootreis om die eiland. Uiteindelik kan ons net ontspan sonder stress van aanbiedings (behalwe vir Paula) en wyn drink en dolfyne kyk en die amazing argitektuur van die kant van die eiland af beloer.

Saterdagaand na 8 is ons eers terug in ons kamers om te begin pak.

Die lang tog terug na Afrika begin vir Aurona en ek en Paula doen nog gou 'n detour na London.

Werklik 'n week om te onthou ..

Friday, June 11, 2010

Vrydag 11 Junie 2010


Uiteindelik het ek toe darem ook 'n kans gekry om te praat .. gelukkig was die topic redelik straight forward en kon ek dit vinnig aanbied. Daar was niks vrae wat nodig was dat ek my eer soos 'n soldaat verdedig nie .. als en als het dit dus goed afgeloop.

Ons het laatmiddag darem voor die sokker gaan sit en die eerste doelskop beleef wat Suid-Afrika aangeteken het .. daar eindig ons toe 1-1 teen Mexiko, nogal hartseer want dit sou so lekker gewees het as Suid-Afrika hulle eerste wedstryd kon gewen het.

Laatmiddag het ons die hotelbussie geneem na Funchal stad toe. My twee mede-shoppers was maar lui lui saam my in die klere winkels in en eers toe Aurona hoor daar is die moontlikheid vir 'n duik more het sy weer geglimlag.

Ons drink toe 'n drankie by die 'Beerhouse' in Funchal met 'n mooi uitsig oor die seilbootjies in die hawe. Die diens is nie te wat wonders nie en ons besluit om terug te keer na die restaurant naby ons hotel waar ons Dinsdagaand ge-eet het .. 'n goeie keuse want ons eet toe daar heerlik aan die kosse wat opgedis word.

Die aand word beloon met 'n paar lieflike foto's van die swembad wat oor die see uitkyk by die hotel.

Donderdag 10 Junie 2010

Vandag was baie stil .. ons het vroegoggend 'n vergadering gehad en toe eers weer 5 uur Aurona se paper. Die res van die tyd het ons maar papers voorberei .. Aurona se praatjie was stunning - sy het die gehoor in die palm van haar hand gehad en die arme mans wat nog probeer het om haar 'unabigious' modelle aan te vat het vinnig stil gebly.

Laat aand het ons gestap na Ponta da Cruz .. seker so 3km na die westekant van die eiland. Aurona was nog nie by die tonnel deur die berg wat gebruik was in die ou tyd om van die dok na die strand te gaan nie. Sy het voorbeeldig voorberei terwyl ek en Paula Woensdag gestap het.


Ons het die heerlikste ongelooflikste aandete geniet by Doca do Cavacas. Paula en Aurona het begin met mossels en ek het sop ge-eet (pas by die sinus / verkoue) .. en toe prawns vir my en 'n see-paella vir Aurona en Paula. Ek het verseker die verkeerde keuse gemaak - hulle reisgereg was baie lekkerder en ek het toe na my 7 verlepperige prawnse maar saam met hulle ge-eet. Die wyn was heerlik en net een bottel was toe nie genoeg vir drie dames met 'n 'view waarvan mens net in storieboeke lees nie.

Ons was laataand geseend met die mooiste sonsondergang en ons kameras kon nie bybly om die oomblik te probeer capture voor ons weer terug is hotel toe nie .. die stappie het nie veel gedoen aan ons vol magies nie .. sug .. sal maar die 'oorgewig' moet betaal vir SAL!

Thursday, June 10, 2010

Aurona se foto's

Aurona se foto's
Madeira-2010
Kliek op die foto om na Aurona se foto's toe te gaan ..

Wednesday, June 9, 2010

Woensdag 9 Junie 2010

Wat 'n heerlike dag. Ons het 'n kar gehuur saam met Knut en Anja en vroegoggend alreeds die Botaniese tuine in Funchal opgesoek - dit was 'n fout aangesien ons eintlik die botaniese tuine in 'n ander dorp gesoek het .. maar die ongelooflike uitsig van die tuine was die moeite werd.

Na die uitsig het ons die berge in vertrek opsoek na Nuns valley. Ons is nog steeds nie seker of ons die regte plek gekry het nie, maar die dorpie waar ons heerlik gekuier het was verseker hoog op in die berge en mooi genoeg om huis toe oor te skryf. Ons ou karretjie se krag was nie te goed nie en ons het maar die aftog met die heuwels geblaas en nie die berge te diep ingevaar nie.

Hierna het ons na die Noordekant van die eiland gereis na 'n dorpie met die naam van Porto Moniz. Die gaan was heel rustig want die klomp vrouens het almal uitge'pass' en arme Knut moes alleen die berge oor. 'n Groot gedeelte van die strand by die dorpie bestaan uit vulkaniese rotse wat half in die see is. Dit het die mooiste denkbare poele gevorm waar mens self in kan swem as jy dapper genoeg is om die Alantiese oseaan aan te pak. Ons het 'n middagete hier geniet en ook lekker gekoop in 'n tipiese toeriste winkel. Weet nie of ek verkeerd is nie maar al die toeriste winkels oor die wereld begin deesdae vir my dieselfde lyk.


Ons is terug na Funchal en terwyl Aurona haar paper verder gaan voorberei het ek, Anja, Knut en Paula gaan soek na die loopgang in die berge waarvan ons die vorige aand gehoor het by van die ander gaste. Net toe ons gereed is om op te gee vra Knut toe vir 'n toeriste agent en daar is die plekkie net 'n skamele 130 meter verder. Dit is 'n gang wat in die rotse gebou is op die strand en waardeur mens die mooiste gesig het op die rotse deur 'n gat wat in die gang gebou is.

Ook by die gangetjie ontdek ons toe 'n stunning strand met ronde klippe .. die mooiste geluid denkbaar word gemaak as die golwe deur die klippe druis ..

Die grootste skat van die dag was toe Anja met die terugkom van ons dag se reis 'n sushi bar opgemerk het .. die dag het dus met vreugde geeindig ...


Tuesday, June 8, 2010

Dinsdag : 8 Junie 2010


Vanoggend het ons klomp meisies gewerk en gewerk en gewerk totdat die werkswinkel begin het.

Die registrasie het so 1:30 begin en die aanbieding van die papers 2:30.
Aurona het 'n keynote gegee oor die inconsistency wat bestaan in die meta-model van TOGAF. Haar praatjie het goed afgeloop en daarna het Paula en Knut ook hulleself oortref met hulle papers.

Na die werkswinkel het Knut, Paula en Aurona net ontspan terwyl ek gou winkels toe gestap het voor ons ete.

'n Bus het ons opgelaai voor die hotel ongeveer 19:00 (20:00 SA tyd). Ons klomp was maar moeg - dit was net Aurona wat heel opgewek was.
Ons is vir ete na 'n plekkie met die naam van 'The old blandy wine lodge'. Hier het ons heerlik wyne geproe en geproe en geproe .. en o ja, so tussen in het ons toe darem ook ge-eet.
Ek het natuurlik heeltemal my cool verloor met 'n kanadees wat veldwerk doen in Suid-Afrika waar hulle 'n skool het wat hulle onderhou .. sug .. daar gaan ek toe aan oor Afrika wat die dumping plek word vir die res van die wereld se rekenaars. Sug.. wat help dit ek vat Paula EN Aurona saam om my in beheer te hou en dan kry een Kanadees dit reg om net die regte knoppie te druk sodat ek beheer verloor ... maar nou ja - so het vriendinne soos ek maar seker hulle prys :)

Monday, June 7, 2010

Maandag 7 Junie 2010

Vanoggend het ons lui lui eers 8:30 gaan ontbyt eet .. Anja en Knut het die strate gaan verken en Aurona en Paula het aan hulle papers vir more gaan werk. Ek het uiteindelik 'n klomp agterstallige e-mails ingehaal en my inbox is nou amper daar waar ek weer kan asem haal.

Vanmiddag het ons gou die short papers van SAICSIT toegeken aan verskillende reviewers. Dit is darem ongelooflik dat mens enige plek in die wereld kan werk. Al wat mens nodig het is 'n Internetkonneksie.

Ek is nog steeds bietjie verkouerig en het so bietjie gaan rus terwyl Aurona en Paula gaan explore het .. maar net genoeg om darem rondom 6 uit my bed te kruip en die twee meisies te gaan soek vir aandete.

Aurona en Paula het toe al redelik die strandfront ondersoek. Ons het ons toe tuisgemaak by 'n restuarant met die naam van Qasbah waar ek en Aurona heerlike salm ge-eet het en Paula vir bietjie protein gegaan het. Ek is oortuig dat SAL ons gaan oorgewig laat betaal na die paar dae in Madeira .. en dit gaan nie wees oor die ekstra bagasie nie .. behalwe as jy die bagasie om ons middels tel as ekstra bagasie :)

Ek is vroeg terug hotel toe .. die aandlug was vir my koud maar ek vermoed dat ek nog nie heeltemal die grieperigheid onder beheer het nie - is nou net so dat ek op die punt is om antibiotika te begin gebruik .. as ek eers so koue en warm koors kry dan weet ek al die voorkomende vitamines A en B en C en ... X en Y en Z wil nou nie meer die ding doen nie :) Maar sal maar vir nog 'n dag 'suffer' voor ek finaal besluit ..