Friday, June 11, 2010

Vrydag 11 Junie 2010


Uiteindelik het ek toe darem ook 'n kans gekry om te praat .. gelukkig was die topic redelik straight forward en kon ek dit vinnig aanbied. Daar was niks vrae wat nodig was dat ek my eer soos 'n soldaat verdedig nie .. als en als het dit dus goed afgeloop.

Ons het laatmiddag darem voor die sokker gaan sit en die eerste doelskop beleef wat Suid-Afrika aangeteken het .. daar eindig ons toe 1-1 teen Mexiko, nogal hartseer want dit sou so lekker gewees het as Suid-Afrika hulle eerste wedstryd kon gewen het.

Laatmiddag het ons die hotelbussie geneem na Funchal stad toe. My twee mede-shoppers was maar lui lui saam my in die klere winkels in en eers toe Aurona hoor daar is die moontlikheid vir 'n duik more het sy weer geglimlag.

Ons drink toe 'n drankie by die 'Beerhouse' in Funchal met 'n mooi uitsig oor die seilbootjies in die hawe. Die diens is nie te wat wonders nie en ons besluit om terug te keer na die restaurant naby ons hotel waar ons Dinsdagaand ge-eet het .. 'n goeie keuse want ons eet toe daar heerlik aan die kosse wat opgedis word.

Die aand word beloon met 'n paar lieflike foto's van die swembad wat oor die see uitkyk by die hotel.

No comments:

Post a Comment