Monday, June 7, 2010

Maandag 7 Junie 2010

Vanoggend het ons lui lui eers 8:30 gaan ontbyt eet .. Anja en Knut het die strate gaan verken en Aurona en Paula het aan hulle papers vir more gaan werk. Ek het uiteindelik 'n klomp agterstallige e-mails ingehaal en my inbox is nou amper daar waar ek weer kan asem haal.

Vanmiddag het ons gou die short papers van SAICSIT toegeken aan verskillende reviewers. Dit is darem ongelooflik dat mens enige plek in die wereld kan werk. Al wat mens nodig het is 'n Internetkonneksie.

Ek is nog steeds bietjie verkouerig en het so bietjie gaan rus terwyl Aurona en Paula gaan explore het .. maar net genoeg om darem rondom 6 uit my bed te kruip en die twee meisies te gaan soek vir aandete.

Aurona en Paula het toe al redelik die strandfront ondersoek. Ons het ons toe tuisgemaak by 'n restuarant met die naam van Qasbah waar ek en Aurona heerlike salm ge-eet het en Paula vir bietjie protein gegaan het. Ek is oortuig dat SAL ons gaan oorgewig laat betaal na die paar dae in Madeira .. en dit gaan nie wees oor die ekstra bagasie nie .. behalwe as jy die bagasie om ons middels tel as ekstra bagasie :)

Ek is vroeg terug hotel toe .. die aandlug was vir my koud maar ek vermoed dat ek nog nie heeltemal die grieperigheid onder beheer het nie - is nou net so dat ek op die punt is om antibiotika te begin gebruik .. as ek eers so koue en warm koors kry dan weet ek al die voorkomende vitamines A en B en C en ... X en Y en Z wil nou nie meer die ding doen nie :) Maar sal maar vir nog 'n dag 'suffer' voor ek finaal besluit ..

1 comment:

  1. Sjoe eks jaloers. Kan net dink hoeveel pret julle het daar.

    Geniet dit gate uit en stuur groete vir die maatjies.

    ReplyDelete