Monday, June 7, 2010

Sondag 6 Junie 2010

Na my blog wats in ek 2009 gedoen het toe ek in Innsbruck was het ek myself belowe om elke keer as ek oorsee gaan die blog ding te doen .. helaas - laas jaar se Milan trip was so 'hectic' en ek het dit nie gedoen nie - vandag is ek spyt. So hier is ek nou .. in Madeira met 'n stunning view by my venster uit en doen die blog ding ..

Ek, Paula en Aurona het die lang tog aangepak op Saterdag 5 Junie 2010, 19:30. Ek en Paula het gelukkig 'n upgrade gekry besigheidsklas toe maar Aurona kon nie en soos te verstane was sy maar lekker dik lippie vir ons daarvoor. Ons het haar probeer troos deur te verduidelik dat die kos en wyn regtig nie lekker was nie .. maar sy wou niks glo nie ... sy het darem weer met ons gepraat toe ons arriveer in Frankfurt.

Nou ja, soos julle almal weet het die boewe in Maart my ou Sony kameratjie kom leen en nooit weer terug gegee nie - wonder wie is die walla wat nou erens in die wereld my kamera gebruik om grasdakhuisies af te neem .. maar dit is nou seker nie die punt nie .. wel inderhaas op pad om te board na Lisbon sien ek to die Panasonic DMC-TZ8 in die venster van 'n 'duty free' winkeltjie en die 299 Euro word toe uit my begroting geneem vir die kamera. Die einde laas is dit nie want ek moet toe natuurlik 'n geheue kaart kry en 'n ekstra battery .. so as ek mooi slank terug kom die week van Europa af is dit omdat ek my hele toelaag op 'n kamera spandeer het en ek maar minder moes eet - miskien sal die meisies my jammer kry en van hulle oorblyfsels voer :) .. Maar dit is 'n stunning kamera .. een van die waar mens net een knoppie druk en als gebeur.

Die vlug tussen Frankfort en Lisbon was 'n nagmerrie. Ek en Paula beland tussen twee rye van huildende kinders en ek kan glad nie dink hoekom ek eens op 'n tyd in my lewe gedink het kinders is oulik nie ..

In Lisbon wag ons nog 4 ure vir ons vlug wat ook vertraag was .. moeg maar gelukkig kom ons veilig in die hotel in net na 7 die aand. Die kamers is stunning en skoon en ek het selfs 'n 45 grade see uitkyk .. maar ek is so moeg ek vermoed ek behoort eers so teen Woensdag se kant die skoonheid kan begin waardeer :)


Knut en Anja is alreeds hier en ons gaan eet 'n heerlike aandete by 'n Itialiaanse eetplekkie met baie brood en BAIE wyn en baie rossti .. klim darem vroeg (net na 12) Suid-afrikaanse tyd in die bed in die wonderlikste sagste bed noord van die ewenaar ..

1 comment:

  1. Bly jy blog maatjie! dis altyd lekker om te hoor wat jy aanvang :)

    ReplyDelete